John 8:40 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar nou soek julle om My dood te maak, 'n man wat vir julle die waarheid vertel het wat ek van God gehoor het; dit het Abraham nie gedoen nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | En nou wil julle My doodmaak — die Een wat die waarheid wat Ek by God gehoor het, aan julle kom meedeel. Dít is nie wat Abraham gedoen het nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | maar nou probeer julle om My om die lewe te bring, iemand wat aan julle die waarheid vertel het, wat Ek van God gehoor het. Dit het Abraham nie gedoen nie. |
| Afrikaans 1983 | Maar nou wil julle My doodmaak, vir My wat die waarheid wat Ek by God gehoor het, aan julle verkondig. Dít is nie wat Abraham gedoen het nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Maar nou probeer julle My doodmaak – vir My, wat die waarheid wat Ek by God gehoor het aan julle verkondig. Dit het Abraham nie gedoen nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar nou wil julle My doodmaak, en dit is Ek wat vir julle die waarheid vertel het wat Ek by God gehoor het. Abraham het nie dit gedoen nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Maar julle wil My sommer doodmaak omdat Ek eerlik is en vir julle die waarheid vertel. En dit is nogal die waarheid wat Ek by God self gehoor het. Abraham sou nooit soos julle gemaak het nie. |