John 8:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Hulle sê vir Hom: Meester, hierdie vrou is op 'n daad op owerspel gevang.
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle sê vir Hom: “Leermeester, hierdie vrou is betrap terwyl sy besig was met ’n daad van owerspel.
Afrikaans 1933/1953 En toe hulle haar tussen hulle in laat staan het, sê hulle vir Hom: Meester, hierdie vrou is op 'n daad van egbreuk betrap;
Afrikaans 1983 Hulle het vir Hom gesê: “Meneer, hierdie vrou is op heter daad betrap waar sy owerspel gepleeg het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hulle sê toe vir Hom: “Meester, hierdie vrou is op heterdaad betrap terwyl sy owerspel pleeg.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hulle het vir Jesus gesê: “Meneer, iemand het gesien hierdie vrou pleeg egbreuk.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hulle sê toe vir Jesus: “Jy is mos die hele tyd besig om mense te vertel wat hulle moet doen. Nou ja, ons het hierdie vrou op heterdaad betrap toe sy by ’n man geslaap het wat nie haar eie is nie.