John 8:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die skrifgeleerdes en Fariseërs het 'n vrou na Hom gebring wat op owerspel betrap is; en toe hulle haar in die middel gestel het, |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die skrifkenners en die Fariseërs bring toe ’n vrou wat op die daad van owerspel betrap is, en laat haar tussen hulle staan. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die skrifgeleerdes en die Fariseërs het 'n vrou wat in egbreuk betrap was, na Hom gebring. |
| Afrikaans 1983 | Die skrifgeleerdes en die Fariseërs bring toe 'n vrou wat op owerspel betrap is, en laat haar in die middel van die kring mense staan. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die skrifkenners en die •Fariseërs bring toe 'n vrou wat op owerspel betrap is, en laat haar in die middel staan. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Iemand het gesien 'n vrou pleeg egbreuk. Hy het dit vir die skrifgeleerdes en die Fariseërs vertel. Hulle het die vrou na Jesus toe gebring en hulle het haar laat staan waar almal haar kon sien. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Joodse geleerdes en die Fariseërs kom toe met ’n vrou daar aan. Sy is gevang toe sy seksueel ontrou was aan haar man. Hulle laat haar toe tussen die mense staan sodat almal haar kon sien. |