John 8:25 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe sê hulle vir hom: Wie is jy? En Jesus sê vir hulle: Net soos Ek van die begin af vir julle gesê het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hulle vra Hom: “Wie is jy nou eintlik?” Jesus se antwoord was: “Wat het Ek vir julle gesê van die heel begin af? |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe sê hulle vir Hom: Wie is U dan? En Jesus antwoord hulle: Net dit wat Ek vir julle sê. |
| Afrikaans 1983 | Hulle vra Hom toe: “Wie is jy?” Jesus het hulle geantwoord: “Waarom praat Ek eintlik nog met julle? |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hulle het toe vir Hom gevra: “Wie is u?” Jesus het hulle geantwoord: “Wat het Ek van die begin af vir julle gesê? |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Jode vra toe vir Hom: “Wie is jy?” Jesus het vir hulle gesê: “Ek kan met julle praat, maar dit sal nie help nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Wie ís jy presies?” wou hulle toe weet. “Ai, moet Ek alles nou weer sê? Ek sê dit nog die hele tyd vir julle,” antwoord Jesus hulle toe. “As Ek darem vir julle moes sê wat Ek van julle dink, sou Ek julle nogal ’n rukkie kon besig hou. |