John 8:20 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Hierdie woorde het Jesus in die skatkis gespreek terwyl Hy in die tempel geleer het, en niemand het die hande aan Hom geslaan nie; want sy uur het nog nie gekom nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Jesus het hierdie stellings gemaak in die skatkamer van die tempel terwyl Hy besig was om in die tempel te onderrig. Niemand het Hom egter gearresteer nie omdat sy tyd nog nie aangebreek het nie.
Afrikaans 1933/1953 Hierdie woorde het Jesus gespreek by die skatkis terwyl Hy in die tempel geleer het. En niemand het Hom gevange geneem nie, omdat sy uur nog nie gekom het nie.
Afrikaans 1983 Hierdie dinge het Hy gesê in die vertrek waar die offergawekiste gestaan het. Hy was toe besig om die mense in die tempel te leer. En tog het niemand Hom gevange geneem nie, omdat sy tyd nog nie gekom het nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hierdie woorde het Hy gesê by die offergawekis terwyl Hy op die tempelterrein onderrig het. Niemand het Hom egter gevange geneem nie, omdat sy uur nog nie aangebreek het nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jesus het dit alles gesê toe Hy vir die mense by die dankoffer-kis in die tempel geleer het. Niemand het Hom gevang nie, want dit was nog nie sy tyd nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hierdie gesprek het plaasgevind by die plek waar mense hulle bydraes vir die tempel kom inbetaal het. Ten spyte van hulle wraakplanne het die Jode nie eens probeer om die polisie te roep om Hom te kom vang nie. God het besluit dat die tyd daarvoor nog nie ryp was nie.