John 8:19 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe sê hulle vir hom: Waar is jou Vader? Jesus antwoord: Julle ken My nie en my Vader nie; as julle My geken het, sou julle ook my Vader geken het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hulle het toe vir Hom gesê: “Waar is jou Vader?” Jesus het geantwoord: “Julle ken My nie en ook nie my Vader nie. As julle My geken het, sou julle my Vader ook geken het.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Hulle sê toe vir Hom: Waar is u Vader? Jesus antwoord: Julle ken My nie en ook nie my Vader nie; as julle My geken het, sou julle ook my Vader geken het. |
| Afrikaans 1983 | Toe vra hulle vir Hom: “En waar is die vader van jou?” Jesus het geantwoord: “Julle ken My nie en ook nie my Vader nie. As julle My geken het, sou julle my Vader ook geken het.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hulle vra Hom toe: “Waar is u vader?” Jesus antwoord: “Julle ken My nie en ook nie my Vader nie. As julle My geken het, sou julle ook my Vader geken het. ” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die mense vra toe vir Jesus: “Waar is jou vader?” Jesus het gesê: “Julle ken My nie. Julle ken ook nie my Vader nie. Omdat julle My nie ken nie, ken julle ook nie my Vader nie.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Nou toe, waar’s jou pa? Wys hom vir ons!” sê hulle toe. “Julle het nie ’n benul wat julle vra nie. Julle weet nie wie Ek is nie en nog minder wie my Vader is. As julle geweet het wie Ek is, sou julle ook dadelik geweet het wie my Vader is,” kom dit toe van Jesus. |