John 8:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe Jesus homself opgehef het en niemand anders as die vrou sien nie, sê Hy vir haar: Vrou, waar is daardie aanklaers van jou? het niemand jou veroordeel nie? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe Jesus weer orent kom, het Hy vir haar gesê: “Vrou, waar is hulle heen? Het niemand jou veroordeel nie?” |
| Afrikaans 1933/1953 | En toe Jesus Hom oprig en niemand sien behalwe die vrou nie, sê Hy vir haar: Vrou, waar is daardie beskuldigers van jou? Het niemand jou veroordeel nie? |
| Afrikaans 1983 | Toe het Hy regop gekom en vir haar gevra: “Mevrou, waar is hulle? Het nie een van hulle die oordeel oor jou voltrek nie?” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Jesus het toe regop gekom en vir haar gevra: “Vrou, waar is hulle? Het niemand jou veroordeel nie?” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jesus het regop gestaan en Hy het vir die vrou gevra: “Mevrou, waar is die mense wat jou beskuldig het? Het iemand gesê die mense moet jou doodgooi met klippe?” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Jesus kyk toe weer op en sê vir haar: “En nou? Waar is al daardie mense? Kon niemand so ver kom om ’n klip op jou te gooi nie?” |