John 7:52 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hulle antwoord en sê vir Hom: Is jy ook van Galilea? Ondersoek en kyk, want uit Galilea het geen profeet opgestaan nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hulle het dadelik reageer: “Jy kom tog nie ook uit Galilea nie? Gaan doen navorsing en jy sal sien dat daar nog geen profeet uit Galilea na vore tree nie.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Hulle antwoord en sê vir hom: Jy is tog nie ook uit Galil,a nie? Ondersoek en sien dat daar geen profeet uit Galil,a opgestaan het nie. |
| Afrikaans 1983 | Hulle sê toe vir hom: “Jy kom tog nie ook van Galilea af nie? Ondersoek die Skrif en jy sal sien dat God niemand wat uit Galilea kom, as profeet roep nie.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hulle het hom geantwoord: “Jy is tog nie ook uit Galilea nie? Gaan dit maar na, jy sal sien: Geen profeet is afkomstig uit Galilea nie! ” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Fariseërs sê toe vir Nikodemus: “Jy praat nou soos iemand wat uit die provinsie Galilea kom. Gaan lees in die Ou Testament en jy sal sien dat 'n profeet nooit uit die provinsie Galilea kom nie.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Ja-nee, so ’n opmerking kan ’n mens ook net verwag van iemand wat uit Galilea kom,” kap die ander terug. “Gaan lees jou Bybel mooi. Dan sal jy sien dat Galilea nie ’n plek is waar profete nou juis vandaan kom nie.” |