John 7:37 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Op die laaste dag, daardie groot dag van die fees, het Jesus gestaan en uitgeroep en gesê: As iemand dors het, laat hom na My toe kom en drink.
Afrikaans (NLV) 2011 Op die laaste dag, die groot dag van die Huttefees, het Jesus daar gestaan en uitgeroep: “As jy dors is, kom dan na My toe en drink.
Afrikaans 1933/1953 En op die laaste dag, die groot dag van die fees, het Jesus gestaan en uitgeroep en gesê: As iemand dors het, laat hom na My toe kom en drink!
Afrikaans 1983 Op die laaste dag, die groot dag van die huttefees, het Jesus daar gestaan en uitgeroep: “As iemand dors het, laat hy na My toe kom en drink!
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) En op die laaste dag, die groot dag van die fees, het Jesus gaan staan en uitgeroep: “As iemand dors het, laat hy na My kom, en drink!
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die laaste dag van die fees was die belangrikste dag. Op daardie dag het Jesus opgestaan en hard gesê: “As iemand dors is en hy wil lewe, dan kan hy na My toe kom en water kom drink wat die ewige lewe gee.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die laaste dag van die fees was die hoogtepunt en almal was daar. Jesus sê toe hard en duidelik: “As jy geestelik dors is, kom na My toe. Ek sal jou dors les. Glo in My en in wat Ek sê.