John 7:35 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe sê die Jode onder mekaar: Waarheen sal hy gaan, dat ons hom nie sal kry nie? sal hy na die verstrooides onder die heidene gaan en die heidene leer?
Afrikaans (NLV) 2011 Toe het die Joodse leiers vir mekaar gesê: “Waarheen beplan hierdie man om te gaan dat ons hom nie sou kry nie? Hy beplan tog nie om na die verstrooide Jode onder die Griekssprekendes te gaan en om daar die Grieke te gaan onderrig nie?
Afrikaans 1933/1953 En die Jode sê onder mekaar: Waar wil Hy heengaan, dat ons Hom nie sal vind nie? Hy wil tog nie na die verstrooides onder die Grieke gaan en die Grieke leer nie?
Afrikaans 1983 Toe sê die Jode vir mekaar: “Waarheen sou hy van plan wees om te gaan dat ons hom nie sal kry nie? Hy is tog nie van plan om na die Griekssprekende Jode in die buiteland te gaan en die Grieke daar te leer nie?
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe het die Jode onder mekaar gesê: “Waarheen is hy van plan om te gaan dat ons hom nie sal vind nie? Hy is tog nie van plan om na die Diaspora onder die Grieke te gaan en die Grieke te leer nie?
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe het die Jode vir mekaar gesê: “Waarnatoe sal hy gaan waar ons hom nie sal kry nie? Gaan hy miskien by die Grieke woon en vir hulle leer?
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Jode bespiegel toe onder mekaar hieroor: “Waarheen sou hy kon gaan dat ons hom nie sal kan kry nie? Is hy tog nie van plan om land uit te vlug en vir die klomp ongelowiges daar te gaan preek nie?” het hulle gewonder.