John 7:32 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Die Fariseërs het gehoor dat die volk sulke dinge oor Hom murmureer; en die Fariseërs en die owerpriesters het dienaars gestuur om Hom te neem. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die Fariseërs het gehoor dat die skare so oor Hom bespiegel. Hulle en die priesterhoofde het toe wagte gestuur om Hom te arresteer. |
| Afrikaans 1933/1953 | Die Fariseërs het gehoor dat die skare dit van Hom mompel, en die Fariseërs en die owerpriesters het dienaars gestuur om Hom gevange te neem. |
| Afrikaans 1983 | Die Fariseërs het gehoor wat die mense oor Hom fluister, en hulle en die priesterhoofde het wagte gestuur om Hom gevange te neem. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die •Fariseërs het gehoor dat die skare hierdie dinge onderlangs oor Hom fluister, en hulle en die leierpriesters het die tempelwag gestuur om Hom te arresteer. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Fariseërs het gehoor wat die mense oor Jesus sê. Daarom het die priesterleiers en die Fariseërs wagte gestuur om Jesus te vang. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Al het die mense dit probeer stil hou, het die Fariseërs dit tog te hore gekom. Dit het hulle laat besluit om nou iets aan die saak te doen. Hulle het die invloedryke priesters daarvan gaan vertel en toe die polisie gestuur om Jesus te gaan vang. |