John 7:31 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En baie van die skare het in Hom geglo en gesê: Wanneer Christus kom, sal Hy meer wonderwerke doen as wat hierdie man gedoen het?
Afrikaans (NLV) 2011 Baie mense uit die skare het in Hom begin glo en gesê: “Wanneer die Messias ook al kom, sal Hy sekerlik nie méér wondertekens doen as wat hierdie man gedoen het nie.”
Afrikaans 1933/1953 Maar baie van die skare het in Hom geglo en gesê: Wanneer die Christus kom, sal Hy meer tekens doen as wat hierdie man gedoen het?
Afrikaans 1983 Maar baie van die mense het tot geloof in Hom gekom en het gesê: “Wanneer die Christus kom, sal Hy tog seker nie meer wondertekens doen as wat hierdie man gedoen het nie?”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Maar baie uit die skare het in Hom begin glo en gesê: “Wanneer die Christus kom, sal Hy tog seker nie meer tekens doen as wat hierdie man gedoen het nie?”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Baie van die mense het in Hom geglo. Hulle het gesê: “Wanneer die Christus kom, sal Hy dan meer wondertekens doen as hierdie man? Nee.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Nie almal wou egter vir Jesus in die tronk gooi nie. Daar was baie mense wat in Hom geglo het. Vas oortuig het hulle gesê: “Kyk net watter wonderlike dinge het Hy al gedoen. Wat meer wil julle hê voordat julle oortuig sal wees dat Hy die Messias is?”