John 7:30 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe het hulle probeer om hom te neem, maar niemand het hom die hande opgelê nie, omdat sy uur nog nie gekom het nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle het toe pogings aangewend om Hom te arresteer, maar niemand het ’n hand op Hom gelê nie omdat sy tyd nog nie gekom het nie.
Afrikaans 1933/1953 Toe probeer hulle om Hom gevange te neem; en niemand het die hand aan Hom geslaan nie, omdat sy uur nog nie gekom het nie.
Afrikaans 1983 Hulle wou Hom toe gevange neem, en tog het niemand dit gedoen nie, omdat sy tyd nog nie gekom het nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hulle wou Hom arresteer; tog het niemand 'n hand op Hom gelê nie, omdat sy uur nog nie aangebreek het nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe het die mense probeer om Jesus te vang, maar niemand kon dit doen nie. Dit was nog nie sy tyd nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Nou was die Jode eers vasberade om Jesus agter tralies te sien. Niemand het egter ’n vinger verroer nie. Volgens God se plan was die tyd daarvoor nog nie ryp nie.