John 7:28 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe het Jesus in die tempel uitgeroep terwyl Hy geleer het, en gesê: Julle ken My en weet ook waarvandaan Ek is; en Ek het nie uit Myself gekom nie, maar Hy wat My gestuur het, is waaragtig, wie julle nie ken nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Terwyl Jesus besig was om in die tempel onderrig te gee, het Hy uitgeroep en gesê: “Julle ken My en julle weet waarvandaan Ek kom! Tog het Ek nie uit my eie gekom nie, maar dit is die ware Een wat My gestuur het. Hom herken julle nie.
Afrikaans 1933/1953 Jesus roep toe uit, terwyl Hy in die tempel leer, en sê: Julle ken My en julle weet ook van waar Ek is; tog het Ek nie uit Myself gekom nie; maar Hy wat My gestuur het, is waaragtig, vir wie julle nie ken nie.
Afrikaans 1983 Terwyl Jesus die mense in die tempel leer, het Hy uitgeroep: “Ja, julle ken My, en julle weet ook waar Ek vandaan kom. En tog het Ek nie uit my eie gekom nie, maar dit is die ware God wat My gestuur het, en vir Hom ken julle nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Jesus het toe, terwyl Hy op die tempelterrein onderrig gee, uitgeroep en gesê: “Julle ken My, en julle weet ook waar Ek vandaan kom. Tog het Ek nie uit my eie gekom nie, maar Hy wat My gestuur het, vir wie julle nie ken nie, is geloofwaardig.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jesus het vir die mense in die tempel geleer en Hy het hard gesê: “Julle sê julle ken My en julle weet van waar Ek kom. Dit is nie waar nie. Ek het nie self besluit om na die wêreld te kom nie, God het My gestuur. Wat Hy doen, is reg. Maar julle ken Hom nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Jesus sê toe hard, sodat almal dit kan hoor: “Julle praat maklik, asof julle so seker is wie Ek is en waar Ek vandaan kom. Eintlik het julle geen idee nie! Ek het nie bloot uit My eie hier aangestap gekom nie. Die ware God self het My hierheen gestuur! Hom ken julle nie,