John 7:27 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar ons ken hierdie man waarvandaan hy is, maar wanneer Christus kom, weet niemand waar hy vandaan is nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Maar hoe is dit moontlik? Ons weet mos waar hierdie man vandaan kom; wanneer die Messias ook al kom, weet niemand waarvandaan Hy kom nie.” |
| Afrikaans 1933/1953 | En hierdie man -- ons weet van waar Hy is; maar die Christus, wanneer Hy kom, weet niemand van waar Hy is nie. |
| Afrikaans 1983 | Ons weet tog waar hierdie man vandaan kom; maar wanneer die Christus kom, sal niemand weet waar Hý vandaan kom nie.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hierdie man – ons weet tog waar hy vandaan kom; maar wanneer die Christus kom, weet niemand waarvandaan Hy is nie.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar hierdie man kan nie die Christus wees nie, want ons weet van waar hy kom. Wanneer die Christus kom, dan sal niemand weet van waar Hy kom nie.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Dit sal snaaks wees, want ons weet mos waar hierdie man grootgeword het en wie sy familie is. Met die Christus sal dit mos anders wees. Niemand sal weet waar Hy grootgeword of wie Hom grootgemaak het nie.” |