John 7:26 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar kyk, Hy praat met vrymoedigheid, en hulle sê niks vir Hom nie. Weet die regeerders inderdaad dat dit die einste Christus is? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Kyk net, hy is besig om in die openbaar te praat en hulle sê niks teen hom nie. Het die leiers nie miskien tereg tot die besef gekom dat hy die Messias is nie? |
| Afrikaans 1933/1953 | En kyk, Hy spreek openlik en hulle sê vir Hom niks nie! Sou die owerstes dan waarlik weet dat Hy werklik die Christus is? |
| Afrikaans 1983 | En hier praat hy nou in die openbaar, en hulle sê niks teen hom nie. Het die lede van die Joodse Raad miskien werklik tot die oortuiging gekom dat hy die Christus is? |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Kyk nou, hy praat openlik, en hulle sê niks teen hom nie. Die volksleiers het tog nie regtig ingesien dat hy die Christus is nie? |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hier praat hy nou voor al die mense en niemand sê hy praat verkeerd nie. Miskien dink die leiers hy is die Christus. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Kyk nou net, hier staan hy tussen hulle en praat. En wat doen die leiers? Hulle staan soos lammetjies daar en maak nie ’n geluid nie. Ons wonder maar net: Besef hulle nie dalk dat hy regtig die Christus is nie? |