John 7:25 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe sê sommige van die Jerusalem: Is dit nie hy wat hulle wil doodmaak nie?
Afrikaans (NLV) 2011 Sommige van die inwoners van Jerusalem het opgemerk: “Is hy nie die persoon wat hulle soek om dood te maak nie?
Afrikaans 1933/1953 Daarop sê sommige van die inwoners van Jerusalem: Is dit nie Hy wat hulle soek om dood te maak nie?
Afrikaans 1983 Intussen het party van die inwoners van Jerusalem gesê: “Is dit nie die man vir wie hulle wil doodmaak nie?
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Daarop het sommige van Jerusalem se inwoners gesê: “Is hy nie die een wat hulle wil doodmaak nie?
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Party van die mense in Jerusalem het gesê: “Daar is die man, die mense wil hom doodmaak.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Vir party van die mense in Jerusalem was hierdie gesprek nogal snaaks. “Is dit nie dieselfde man van wie die leiers so graag ontslae wou raak nie?