John 7:23 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) As iemand op die sabbatdag besny word, sodat die wet van Moses nie verbreek mag word nie; Is julle kwaad vir My, omdat Ek 'n mens op die sabbatdag heeltemal gesond gemaak het?
Afrikaans (NLV) 2011 As iemand op ’n Sabbat die besnydenis ontvang met die doel om nie die wet van Moses te verbreek nie, waarom is julle dan oor My ontstoke omdat Ek op ’n Sabbat ’n hele mens gesond gemaak het?
Afrikaans 1933/1953 As 'n mens die besnydenis op die sabbat ontvang, sodat die wet van Moses nie verbreek mag word nie, is julle kwaad vir My, omdat Ek 'n mens op die sabbat heeltemal gesond gemaak het?
Afrikaans 1983 As iemand op 'n sabbatdag die besnydenis mag ontvang om nie die wet van Moses te verbreek nie, waarom is julle dan vir My kwaad omdat Ek op 'n sabbatdag iemand se hele liggaam gesond gemaak het?
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) As iemand op die Sabbat die besnydenis ontvang, sodat die •Wet van Moses nie verbreek word nie, is julle dan vir My kwaad omdat Ek op die Sabbat 'n mens in sy geheel gesond gemaak het?
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle besny iemand op die Sabbatdag om gehoorsaam te wees aan die Wette van Moses. Hoekom is julle nou kwaad vir My wanneer Ek 'n mens se hele liggaam op die Sabbatdag gesond maak?
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Nou wil Ek julle ’n vraag vra: julle sê dit is reg om op die sabbat iemand te besny. Moses het mos gesê julle moet dit doen. Sekere dinge ís dan mos belangriker as die sabbat. As dit so is, waarom raak julle dan so opgewonde as Ek nie net ’n deel van ’n mens nie, maar die hele mens op die sabbat gesond maak?