John 7:18 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Hy wat uit homself spreek, soek sy eie eer; maar hy wat sy eer soek wat Hom gestuur het, dit is waar, en geen ongeregtigheid is in hom nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Wie uit sy eie praat, strewe na sy eie eerbetoning; maar Hy wat die eerbetoning nastreef van God wat Hom gestuur het, Hy is eg en in Hom is geen valsheid nie.
Afrikaans 1933/1953 Hy wat uit homself spreek, soek sy eie eer; maar Hy wat die eer soek van die Een wat Hom gestuur het, Hy is waaragtig en daar is geen ongeregtigheid in Hom nie.
Afrikaans 1983 Wie uit sy eie praat, soek sy eie eer; maar Hy wat die eer soek van die Een wat Hom gestuur het, is geloofwaardig, en daar is niks oneerliks in Hom nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy wat uit sy eie praat, soek sy eie eer, maar Hy wat die eer soek van die Een wat Hom gestuur het – Hy is geloofwaardig en daar is geen onreg in Hom nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Iemand wat vir ander mense dinge leer wat van homself kom, doen dit sodat die mense kan dink hy is belangrik. Ek doen dit nie. Ek wil hê dat die mense moet weet God is belangrik, God wat My na die wêreld gestuur het. Daarom kan die mense My glo. Ek is nie vals nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Iemand wat sommer net ’n klomp idees uitdink en rondvertel, doen dit mos sodat mense kan sê: ‘O, kyk hoe slim is hy,’ nie waar nie? Dit doen Ek nie. Nee, Ek wil hê dat julle eerder moet raaksien hoe groot God werklik is. Kyk na Hom en nie na My nie. Dit moet mos al genoeg wees om julle van my goeie bedoelings te oortuig, asook daarvan dat Ek die waarheid praat.