John 7:17 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | As iemand sy wil wil doen, sal hy van die leer weet of dit van God is, en of ek uit myself spreek. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | As iemand gewillig is om God se wil te doen, sal hy weet of dié onderrig van God afkomstig is en of Ek uit my eie praat. |
| Afrikaans 1933/1953 | As iemand gewillig is om sy wil te doen, sal hy aangaande die leer weet of dit uit God is, en of Ek uit Myself spreek. |
| Afrikaans 1983 | As iemand gewillig is om die wil van God te doen, sal hy weet of hierdie leer van God af kom, en of Ek uit my eie praat. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | As iemand bereid is om sy wil te doen, sal hy, wat hierdie leer betref, weet of dit van God is en of Ek uit my eie praat. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Iemand wat doen wat God wil hê, sal weet of die dinge wat Ek vir julle leer, van God kom en of dit van Myself kom. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die mense wat regtig ernstig is om aan God gehoorsaam te wees, sal dadelik hoor dat wat Ek sê van God af kom. |