John 7:15 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die Jode was verwonderd en sê: Hoe ken hierdie man letters, omdat hy nooit geleer het nie? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die Joodse leiers was erg ontsteld en het gesê: “Hoe is dit dat hierdie man soveel geleerdheid het alhoewel hy nie studeer het nie?” |
| Afrikaans 1933/1953 | En die Jode het hulle verwonder en gesê: Hoe kom Hy aan die geleerdheid terwyl Hy geen onderwys ontvang het nie? |
| Afrikaans 1983 | Die Jode was verbaas en het gesê: “Waar kom hy aan die geleerdheid? Hy het dan geen opleiding gehad nie!” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die Jode was verwonderd en het gesê: “Hoe ken hy die Skrifte sonder dat hy dit bestudeer het?” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Jode was verbaas. Hulle het gesê: “Niemand het vir hierdie man geleer nie. Hoe weet hy so baie dinge?” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Jode het nie mooi geweet wat om daarvan te dink nie. “Hierdie man het tog nêrens gestudeer nie,” het hulle vir mekaar gesê. “Hoe is dit moontlik dat hy so baie weet?” |