John 7:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En daar was baie gemurmureer oor hom onder die volk; want sommige het gesê: Hy is 'n goeie man; ander het gesê: Nee! maar Hy verlei die volk. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Daar was onder die skare sommer baie bespiegeling oor Jesus. Sommige het gesê dat Hy ’n goeie mens is. Ander het nie saamgestem nie, maar gesê dat Hy die skare mislei. |
| Afrikaans 1933/1953 | En daar is baie oor Hom gemompel onder die skare. Sommige het gesê: Hy is goed. Ander weer het gesê: Nee, maar Hy mislei die skare. |
| Afrikaans 1983 | Onder die feesmenigte is daar baie oor Hom gefluister. Party mense het gesê: “Hy is 'n goeie man.” Maar ander het gesê: “Nee, hy mislei die mense.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | En daar was 'n groot geredekawel oor Hom onder die skare. Sommige het gesê: “Hy is 'n goeie mens.” Ander het weer gesê: “Nee, maar hy mislei die skare.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die mense het baie oor Jesus gepraat. Party mense het gesê: “Jesus is 'n goeie man.” Ander mense het gesê: “Nee, hy lieg vir die mense.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Oral onder die mense is daar oor Jesus gepraat. “Ag nee wat,” het party gesê. “Hy is sommer ’n kansvatter!” “Hoe kan julle so sê?” het ander teruggekap. “Hy is ’n goeie en eerlike mens.” |