John 7:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar toe sy broers opgegaan het, het hy ook opgegaan na die fees, nie openlik nie, maar asof in die geheim. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Jesus se broers het na die fees toe gegaan. Hy het toe later ook self gegaan, nie openlik nie, maar in die geheim. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar nadat sy broers opgegaan het, toe het Hy ook opgegaan na die fees, nie openlik nie, maar in die geheim. |
| Afrikaans 1983 | Nadat Jesus se broers na die huttefees toe vertrek het, het Hy self tog ook gegaan, nie openlik nie maar onopvallend. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Maar nadat sy broers na die fees opgegaan het, het Hy toe ook opgegaan – nie openlik nie, maar in die geheim. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jesus se broers het na die fees gegaan. Later het Jesus self ook na die fees gegaan, maar die mense het dit nie geweet nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Jesus se broers is toe weg fees toe. So stil-stil is Jesus op sy eie ook soontoe, want Hy wou nie aandag trek nie. |