John 6:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Filippus antwoord hom: Brood van twee honderd pennies is vir hulle nie genoeg nie, sodat elkeen van hulle 'n bietjie kan neem. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Filippus het Hom geantwoord: “Dit sal ’n klein fortuin kos om aan elkeen van hulle net ’n stukkie kos te gee.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Filippus antwoord Hom: Brood vir twee honderd pennings sal nie genoeg wees vir hulle, sodat elkeen van hulle 'n stukkie kan kry nie. |
| Afrikaans 1983 | Filippus antwoord Hom toe: “Twee honderd mense se dagloon is nie eers genoeg om elkeen van hulle 'n stukkie brood te laat kry nie.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Filippus het Hom geantwoord: “Tweehonderd denarius se brood is nie genoeg om vir elkeen 'n stukkie te laat kry nie.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Filippus het vir Jesus gesê: “As ons 200 silwer geldstukke het, sal dit te min wees om vir elkeen van hierdie mense 'n stukkie brood te koop.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Al werk ek agt maande aanmekaar, sal ek nie eens genoeg geld hê om vir al hierdie mense iets te gee om te eet nie,” sê Filippus. |