John 6:46 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Nie dat iemand die Vader gesien het nie, behalwe hy wat uit God is, hy het die Vader gesien.
Afrikaans (NLV) 2011 Nie dat iemand al die Vader gesien het nie, behalwe Hy wat van die Vader af gekom het — Hý het die Vader gesien.
Afrikaans 1933/1953 Nie dat iemand die Vader gesien het nie, behalwe Hy wat van God kom: Hy het die Vader gesien.
Afrikaans 1983 Dit wil nie sê dat iemand anders al die Vader gesien het nie; net Hy wat van God af kom, Hy het die Vader gesien.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Nie dat iemand die Vader gesien het nie – net die Een wat van God af kom, Hy het die Vader gesien.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dit beteken nie dat iemand anders ook die Vader gesien het nie. Net Ek het die Vader gesien, Ek wat van God kom.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Daarmee sê Ek nie dat iemand anders die Vader al persoonlik gesien het nie, behalwe die Seun. Hy was by die Vader en het van Hom af gekom. Hy het eerstehandse kennis van die Vader.