John 6:45 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Daar is geskrywe in die profete: En hulle sal almal deur God geleer word. Elkeen dan wat gehoor het en van die Vader geleer het, kom na My toe. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | In die profete staan daar geskryf: ‘Hulle sal almal deur God onderrig word.’ Elkeen wat na die Vader geluister en van Hom geleer het, kom na My toe. |
| Afrikaans 1933/1953 | Dit is geskrywe in die profete: En hulle sal almal deur God geleer wees. Elkeen dan wat dit van die Vader gehoor en geleer het, kom na My toe. |
| Afrikaans 1983 | By een van die profete staan daar geskrywe: ‘En hulle sal almal mense wees wat deur God geleer is.’ Elkeen wat na die Vader geluister en van Hom geleer het, kom na My toe. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | In die Profete staan daar geskryf, ‘En hulle sal almal deur God onderrig word.’ Elkeen wat na die Vader geluister en van Hom geleer het, kom na My toe. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Een van die profete in die Ou Testament het geskryf: “ Hulle sal almal God se leerlinge wees. “Dit beteken dat elkeen wat na die Vader luister en wat by Hom leer, na My toe kom. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Een van die boodskappers van God het juis dít bedoel toe hy geskryf het: ‘Hulle almal sal leerlinge van God self wees.’ Elkeen wat dus soos ’n goeie leerling mooi luister na wat die Vader sê, sal weet dat hy na My toe moet kom. |