John 6:39 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En dit is die wil van die Vader wat My gestuur het, dat Ek van alles wat Hy My gegee het, niks sal verloor nie, maar dit sal opwek in die laaste dag.
Afrikaans (NLV) 2011 Dít is die wil van Hom wat My gestuur het: dat Ek van dié wat Hy My gegee het, nie ’n enkele een verlore sal laat gaan nie, maar elkeen op die laaste dag sal laat opstaan.
Afrikaans 1933/1953 En dit is die wil van die Vader wat My gestuur het, dat al wat Hy My gegee het, Ek daarvan nie sal verloor nie, maar dit opwek in die laaste dag.
Afrikaans 1983 En dit is die wil van Hom wat My gestuur het: dat Ek van almal wat Hy My gegee het, nie een verlore sal laat gaan nie, maar hulle almal op die laaste dag uit die dood sal laat opstaan.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) En dit is die wil van Hom wat My gestuur het: Dat Ek van almal wat Hy My gegee het, nie 'n enkele een verlore sal laat gaan nie, maar hulle op die laaste dag sal opwek.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Vader wat My gestuur het, wil hê Ek moenie een van die mense wat Hy vir My gegee het, laat verlore gaan nie. Hy wil hê Ek moet hulle op die laaste dag weer laat lewe.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Laat Ek julle vertel wat my Vader se plan is: Hy wil nie hê dat een enkele mens wat aan Hom en My behoort, iets oorkom nie. Ek moet hulle almal op die laaste dag liggaamlik uit die dood laat opstaan.