John 6:26 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Jesus antwoord hulle en sê: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, julle soek My, nie omdat julle die wonders gesien het nie, maar omdat julle van die brode geëet en versadig geword het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Jesus het hulle geantwoord: “Ek verseker julle, julle soek My op, nie omdat julle die wondertekens gesien het nie, maar omdat julle van die brode geëet en versadig geword het. |
| Afrikaans 1933/1953 | Jesus antwoord hulle en sê: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, julle soek My nie omdat julle tekens gesien het nie, maar omdat julle van die brode geëet en versadig geword het. |
| Afrikaans 1983 | Jesus antwoord hulle: “Dít verseker Ek julle: Julle soek My, nie omdat julle die wondertekens gesien het nie, maar omdat julle van die brood geëet en versadig geword het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Jesus het hulle geantwoord: “Amen, amen, Ek sê vir julle: Julle soek My, nie omdat julle tekens gesien het nie, maar omdat julle van die brode geëet en versadig geword het. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jesus het vir hulle gesê: “Ek sê vir julle, en dit is seker: Julle soek My, maar nie omdat julle die wondertekens gesien het wat Ek doen nie. Julle soek My omdat julle so lekker brood geëet het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Jesus sê toe: “Hoekom doen julle al die moeite om My so te volg? Dit is definitief nie omdat julle God in my dade raakgesien het nie. Nee, julle doen dit maar net omdat Ek vir julle kos gegee en julle lekker geëet het. Ai, alles net vir ’n ete! |