John 6:24 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe die skare dan sien dat Jesus nie daar was nie, en sy dissipels ook nie, het hulle ook die vaart geneem en na Kapernaum gekom om Jesus te soek.
Afrikaans (NLV) 2011 Toe die skare sien dat Jesus nie daar is nie en sy dissipels ook nie, het hulle self in bootjies geklim en na Kapernaum toe oorgevaar op soek na Jesus.
Afrikaans 1933/1953 Toe die skare dan sien dat Jesus nie daar was nie en sy dissipels ook nie, het hulle self ook in die skuite geklim en na Kap,rnam gegaan om Jesus te soek.
Afrikaans 1983 Toe die mense sien dat Jesus nie daar is nie en sy dissipels ook nie, het hulle in die skuitjies geklim en na Kapernaum toe gevaar op soek na Jesus.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe die skare sien dat Jesus nie daar is nie, en ook nie sy dissipels nie, het hulle self in die skuite geklim en na Kapernaum gevaar op soek na Jesus.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die mense het gesien Jesus en sy dissipels is nie daar nie. Hulle het toe in die bootjies geklim en hulle het na die stad Kapernaum gegaan om vir Jesus te soek.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe die mense begin besef dat Jesus net so min soos sy dissipels nog in daardie omgewing was, stroom hulle na die skuitjies toe. Hulle sit toe af in die rigting van Kapernaum, op soek na Jesus.