John 6:22 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Die volgende dag, toe die mense wat aan die oorkant van die see gestaan het, sien dat daar geen ander skuit daar was nie, behalwe die een waarin sy dissipels ingegaan het, en dat Jesus nie saam met sy dissipels in die skuit gegaan het nie, maar dat sy dissipels was alleen weg;
Afrikaans (NLV) 2011 Die volgende dag het die skare wat oorkant die meer gestaan het, gesien dat daar net een bootjie is. Hulle het geweet dat Jesus nie saam met sy dissipels in die boot geklim het nie, maar dat sy dissipels alleen weggevaar het.
Afrikaans 1933/1953 Die volgende dag sien die skare wat oorkant die see gestaan het, dat daar geen ander skuit was nie, behalwe daardie een waarin sy dissipels gegaan het; en dat Jesus nie saam met sy dissipels in die skuit gegaan het nie, maar dat sy dissipels alleen weggevaar het.
Afrikaans 1983 Die mense wat oorkant die see was, het gesien dat daar net een skuitjie is en geweet dat Jesus nie saam met sy dissipels in die skuit geklim het nie, maar dat hulle alleen weggevaar het. Die volgende dag
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die volgende dag het die skare wat oorkant die see bly staan het, agtergekom dat daar, behalwe dié een, geen ander skuit was nie, en dat Jesus nie saam met sy dissipels in die boot gegaan het nie, maar dat sy dissipels alleen weggevaar het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die volgende dag het die mense wat nog anderkant die see was, gesien daar is net een bootjie. Hulle het geweet Jesus het nie saam met sy dissipels in die boot geklim nie, die dissipels het alleen weggegaan.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe dit die volgende dag lig word, het die mense besef dat daar net een skuitjie weggevaar het en Jesus was beslis nie daarin nie. Sy dissipels is alleen, sonder Hom, daar weg.