John 6:21 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe het hulle hom gewillig in die skip ontvang, en dadelik was die skip by die land waarheen hulle gegaan het.
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle was gretig om Hom in die skuit te neem en die boot het onmiddellik by die oewer aangekom waarheen hulle gevaar het.
Afrikaans 1933/1953 Toe was hulle gewillig om Hom in die skuit te neem, en dadelik het die skuit by die land aangekom waar hulle na toe gegaan het.
Afrikaans 1983 Hulle was toe gewillig om Hom in die skuit te neem, en daarna het die skuit by die land aangekom waarheen hulle op pad was.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe wou hulle Hom in die boot saamneem, maar skielik was die boot aan land by die plek waarheen hulle besig was om te vaar.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe wou die dissipels hê Jesus moet in die boot klim. Dadelik daarna het hulle met die boot by die plek aangekom waarnatoe hulle wou gaan.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hulle help Hom toe in die skuit in. Dit was nie ver van die plek af waar hulle wou vasmeer nie.