John 6:19 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En toe hulle omtrent vyf-en-twintig of dertig myl geroei het, sien hulle Jesus op die see loop en naby die skip kom, en hulle was bang.
Afrikaans (NLV) 2011 Toe hulle ongeveer vyf of ses kilometer weg geroei het, sien hulle Jesus op die water loop tot baie naby aan die boot, en hulle het vreesbevange geword.
Afrikaans 1933/1953 En toe hulle omtrent drie of vier myl geroei het, sien hulle Jesus op die see loop en naby die skuit kom; en hulle het bang geword.
Afrikaans 1983 Toe hulle sowat vyf of ses kilometer geroei het, sien hulle Jesus op die see loop en naby die skuit kom, en hulle het bang geword.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe hulle sowat vyf-en-twintig tot dertig stadion ver geroei het, sien hulle Jesus op die see loop en tot naby die boot kom, en hulle het bang geword.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe die dissipels omtrent 25 of 30 stadioi geroei het, sien hulle vir Jesus. Hy het op die see geloop en Hy het naby die boot gekom. Die dissipels het bang geword,
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Na so vyf of ses kilometer sien hulle skielik vir Jesus. Hy het sommer daar naby die skuit op die water geloop. Hulle het hulle wit geskrik.