John 6:15 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe Jesus dan bemerk dat hulle hom met geweld sou kom neem om Hom koning te maak, het Hy weer alleen op die berg gegaan. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Jesus het egter agtergekom dat hulle op die punt staan om Hom te gryp om Hom koning te maak. Hy het toe weer die berg uitgeklim, net Hy alleen. |
| Afrikaans 1933/1953 | En toe Jesus merk dat hulle wou kom en Hom met geweld neem om Hom koning te maak, het Hy weer weggegaan na die berg, Hy alleen. |
| Afrikaans 1983 | Toe Jesus merk dat hulle Hom met geweld wil kom koning maak, het Hy verder die berg op gegaan, Hy alleen. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe Jesus besef dat hulle op die punt staan om Hom met geweld te kom gryp met die doel om Hom koning te maak, het Hy weer teen die berg opgegaan, net Hy alleen. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die mense wou Jesus gryp en Hom koning maak. Maar toe Jesus dit sien, het Hy weer weggegaan na die berg. Hy het alleen gegaan. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die mense wou Jesus toe met alle geweld koning maak. Jesus het dit egter besef en toe verder teen die berg uitgeklim, net Hy alleen. |