John 6:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe daardie manne toe die wonderwerk sien wat Jesus gedoen het, sê hulle: Dit is waarlik daardie profeet wat na die wêreld sou kom.
Afrikaans (NLV) 2011 Toe die mense die wonderteken sien wat Jesus gedoen het, het hulle gesê: “Hierdie man is regtig die profeet, die Een wat na die wêreld toe sou kom.”
Afrikaans 1933/1953 Toe die mense dan die teken sien wat Jesus gedoen het, sê hulle: Hy is waarlik die profeet wat in die wêreld sou kom.
Afrikaans 1983 Toe die mense die wonderteken sien wat Jesus gedoen het, het hulle gesê: “Hy is werklik die Profeet, die Een wat na die wêreld toe moes kom.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe die mense die teken sien wat Jesus gedoen het, het hulle gesê: “Hy is waarlik die Profeet wat na die wêreld sou kom. ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die mense het gesien dat Jesus 'n wonderteken gedoen het. Hulle sê toe: “Nou weet ons Hy is die Profeet wat na die wêreld toe kom.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die mense het dit gesit en bekyk. Hulle het besef dat hulle hier ’n teken gesien het van hoe spesiaal Jesus regtig is. Hulle sê toe vir mekaar: “Hy is definitief daardie Boodskapper van God, julle weet mos, daardie spesiale Een wat na die wêreld toe moes kom.”