John 6:13 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Daarom het hulle dit bymekaargemaak en twaalf mandjies gevul met die brokstukke van die vyf garsbrode wat oorgebly het vir die wat geëet het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hulle het dit toe bymekaargemaak en twaalf mandjies vol gemaak met oorskietstukke van die vyf garsbrode wat oorgebly het nadat die mense klaar geëet het. |
| Afrikaans 1933/1953 | Hulle maak toe bymekaar en het twaalf mandjies gevul met brokstukke van die vyf garsbrode wat oorgeskiet het by die wat geëet het. |
| Afrikaans 1983 | Hulle het dit toe bymekaargemaak. Daar was twaalf mandjies vol met die stukke wat van die vyf garsbrode oorgebly het nadat die mense klaar geëet het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hulle het dit toe bymekaargemaak, en twaalf mandjies volgemaak met die brokstukke wat van die vyf garsbrode oorgebly het nadat hulle klaar geëet het. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die dissipels het die stukkies bymekaargemaak. Daar het twaalf mandjies vol oorgebly nadat die mense van die vyf garsbrode geëet het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die dissipels het dit gedoen en twaalf mandjies nodig gehad om die brood wat oorgebly het in te sit. Dit alles het met die vyf broodjies van die seuntjie begin. |