John 6:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Jesus sê: Laat die manne gaan sit. Nou was daar baie gras in die plek. En die manne het gaan sit, omtrent vyfduisend in getal. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Jesus het daarop reageer: “Reël dat die mense gaan sit.” Daar was baie gras op die plek en die mense het gaan sit. Die mans was ongeveer 5 000. |
| Afrikaans 1933/1953 | En Jesus sê: Laat die mense gaan sit. En daar was baie gras op die plek. Die manne het toe gaan sit, omtrent vyf duisend in getal. |
| Afrikaans 1983 | Toe sê Jesus: “Laat die mense gaan sit.” Daar was baie gras op daardie plek en die mense het gaan sit. Die mans alleen was omtrent vyf duisend. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Jesus het gesê: “Laat die mense sit.” Daar was baie gras op die plek. Toe het die mans gaan sit – hulle was ongeveer vyfduisend in getal. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jesus het vir die dissipels gesê: “Julle moet vir die mense sê hulle moet gaan sit.” Daar was genoeg gras waarop die mense kon sit. Daar was baie mense. Die mans was omtrent 5 000. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Jesus sê toe: “Sê vir die mense om vir hulle ’n plek te kry om te sit.” Daar was gras waar die mense hulle toe lekker tuis gemaak het. Net die mans alleen was omtrent 5 000. Daar was baie mense. |