John 5:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En dadelik is die man gesond, en hy het sy bed opgeneem en gewandel; en dit was op dieselfde dag sabbat.
Afrikaans (NLV) 2011 Onmiddellik het die man gesond geword, sy slaapmatjie opgetel en begin loop. Op daardie dag was dit die Sabbat.
Afrikaans 1933/1953 En dadelik het die man gesond geword en sy bed opgeneem en geloop. En daardie dag was dit sabbat.
Afrikaans 1983 Oombliklik het die man gesond geword, sy goed opgetel en geloop. Dit was 'n sabbatdag.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) En dadelik het die man gesond geword, sy slaapmat opgetel en begin loop. Daardie dag was egter 'n Sabbat.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die man het dadelik gesond geword. Hy het sy slaapmat geneem en begin loop. Dit het op 'n Sabbatdag gebeur.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die man het dadelik gesond geword. Hy het sy slaapmat opgetel en weggestap. Dit het op die sabbat gebeur.