John 5:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Die magtelose man antwoord hom: Meneer, ek het niemand om my in die bad te gooi as die water onstuimig is nie; maar terwyl ek kom, stap 'n ander een voor my uit. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die sieke het Jesus geantwoord: “Meneer, ek het niemand naby my om my in die waterbad te tel wanneer die water geroer word nie; en terwyl ek nog naderkom, gaan iemand anders voor my in.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Die sieke antwoord Hom: Here, ek het niemand om my in die bad te sit as die water geroer word nie; en onderwyl ek kom, gaan 'n ander een voor my in. |
| Afrikaans 1983 | Die sieke het Hom geantwoord: “Meneer, ek het niemand om my in die bad te sit as die water in beweging kom nie; en terwyl ek aansukkel, gaan iemand anders voor my in.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die sieke het Hom geantwoord: “Meneer, ek het niemand om my in die bad te sit wanneer die water geroer word nie; en terwyl ek nog besig is om nader te gaan, gaan iemand anders voor my in.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die siek man het vir Jesus gesê: “Meneer, ek het niemand om my in die dam te sit wanneer die water begin beweeg nie. Elke maal wanneer ek probeer om in die water te kom, gaan iemand anders voor my in die water.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Meneer,” antwoord die siek man, “ek sou graag wou, maar ek het niemand om my in die bad te sit as die water begin roer nie. Terwyl ek my bes probeer om eerste daar te kom, gaan iemand anders voor my in.” |