John 5:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe Jesus hom sien lieg en weet dat hy al lank in daardie geval was, sê Hy vir hom: Sal jy gesond word? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Jesus het hom daar sien lê en was bewus daarvan dat hy geruime tyd al siek was. Hy vra hom toe: “Wil jy graag gesond word?” |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe Jesus hom sien lê, terwyl Hy geweet het dat hy al 'n lang tyd siek was, sê Hy vir hom: Wil jy gesond word? |
| Afrikaans 1983 | Jesus het hom sien lê en het geweet dat hy al baie lank siek was. Toe vra Hy vir hom: “Wil jy gesond word?” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe Jesus hom daar sien lê, bewus daarvan dat hy reeds lank siek is, vra Hy vir hom: “Wil jy gesond word?” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jesus het die man daar sien lê en Hy het geweet dat die man baie lank siek was. Toe vra Jesus vir hom: “Wil jy gesond word?” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Jesus het hom daar sien lê. Hy het geweet dat die man al lank siek was en vra hom toe: “Wil jy graag gesond word?” |