John 5:45 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Moenie dink dat Ek julle by die Vader sal beskuldig nie; daar is een wat julle aankla, naamlik Moses, op wie julle vertrou.
Afrikaans (NLV) 2011 Moenie dink dat dit Ek is wat julle aankla by die Vader nie. Dit is Moses, op wie julle julle hoop gevestig het, wat die aanklaer is.
Afrikaans 1933/1953 Moenie dink dat Ek julle by die Vader sal beskuldig nie. Daar is een wat julle beskuldig -- Moses op wie julle gehoop het.
Afrikaans 1983 Moenie dink dat Ek julle by die Vader sal aankla nie; dit is Moses, op wie julle julle hoop gevestig het, wat vir julle aankla.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Moenie dink dat Ek julle by die Vader sal aankla nie; dit is Moses, die een op wie julle julle hoop gevestig het, wat julle aankla.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle moenie dink dit is Ek wat vir die Vader sal sê wat julle verkeerd gedoen het nie. Julle het gedink Moses sal julle help, maar dit is hý wat vir die Vader sê wat julle verkeerd gedoen het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Julle tyd sal kom. Dan sal julle as beskuldigdes in die groot hofsaal voor God moet staan. Dit gaan nie eens vir My nodig wees om te sê wat julle alles verkeerd gedoen het nie. Moses gaan dit doen; ja, daardie einste Moses op wie julle al julle hoop so vestig. Julle wil My nie glo nie? Wel, Ek het nuus vir julle.