John 5:43 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Ek het gekom in die Naam van my Vader, en julle ontvang My nie; as 'n ander in sy eie Naam kom, hom sal julle aanneem. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek het hiernatoe gekom in die Naam van my Vader, maar julle ontvang My nie. As iemand anders in sy eie naam sou kom, sal julle daardie persoon ontvang. |
| Afrikaans 1933/1953 | Ek het gekom in die Naam van my Vader, en julle neem My nie aan nie. As 'n ander een in sy eie naam kom, hom sal julle aanneem. |
| Afrikaans 1983 | Ek het in die Naam van my Vader gekom, en tog aanvaar julle My nie. As iemand anders in sy eie naam kom, sal julle hom aanvaar. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ek het in die Naam van my Vader gekom, maar julle aanvaar My nie. As iemand anders in sy eie naam kom, sal julle hom aanvaar. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “Dit is nie Ek wat besluit het om na die wêreld te kom nie. Die Vader het My gestuur, maar julle aanvaar My nie. Maar as iemand anders self besluit om te kom, dan sal julle hom aanvaar. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Ek het gekom en is hier namens my Vader. Maar julle wil dit nie aanvaar nie. Julle draai julle rug vir My. Julle is egter gou om iemand anders te aanvaar wat geen gesag het nie en sommer op sy eie hier aankom. |