John 5:39 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Deursoek die Skrifte; want in hulle meen julle dat julle die ewige lewe het, en dit is hulle wat van My getuig. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Julle bestudeer die Skrifte omdat julle meen dat julle daarin die ewige lewe sal kry. Dit is juis daardie Skrifte wat oor My getuig. |
| Afrikaans 1933/1953 | Julle ondersoek die Skrifte, omdat julle meen dat julle daarin die ewige lewe het; en dit is die wat van My getuig. |
| Afrikaans 1983 | Julle ondersoek die Skrif, omdat julle dink dat julle die ewige lewe daarin kry. En dit is juis die Skrif wat oor My getuig. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Julle ondersoek die Skrifte, omdat julle dink dat die ewige lewe daarin te vinde is. En dit is juis hulle wat oor My getuig. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle lees die Ou Testament om uit te vind hoe julle die ewige lewe kan kry, en dit is die Ou Testament wat sê wie Ek is. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | My derde getuie is die Skrif. Julle is oortuig dat julle in die Skrif die pad na die ewige lewe kan ontdek. Daarom lees en bestudeer julle die Skrif so ywerig. Maar julle kyk een ding mis. Hierdie selfde Skrif praat met oortuiging van My. |