John 5:37 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die Vader self, wat My gestuur het, het van My getuig. Julle het nog nooit sy stem gehoor en sy gestalte nie gesien nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Die Vader wat My gestuur het, dit is Hy wat oor My getuig het. Sy stem het julle nog nooit gehoor nie en sy persoon het julle ook nog nie gesien nie.
Afrikaans 1933/1953 En die Vader wat My gestuur het, Hy het van My getuig. Julle het nog nooit sy stem gehoor of sy gedaante gesien nie.
Afrikaans 1983 En die Vader wat My gestuur het, het ook oor My getuienis afgelê. Sy stem het julle nog nooit gehoor nie en sy gestalte ook nie gesien nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) En die Vader wat My gestuur het, Hy het van My getuig. Julle het nog nooit sy stem gehoor of sy gestalte gesien nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Die Vader wat My gestuur het, het ook gesê wie Ek is. Julle het die Vader se stem nog nooit gehoor nie. Julle het nog nooit gesien hoe Hy lyk nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die tweede getuie is die Vader. Hy het My gestuur. Julle het Hom nog nooit direk hoor praat nie. Net so min het julle Hom al ooit gesien.