John 5:36 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar Ek het groter getuienis as dié van Johannes, want die werke wat die Vader My gegee het om te volbring, dieselfde werke wat Ek doen, getuig van My dat die Vader My gestuur het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek beskik egter oor getuienis wat swaarder weeg as dié van Johannes. Die werk wat die Vader vir My gegee het om klaar te maak, dit is die werk waarmee Ek nou besig is; dit getuig ook oor My dat die Vader My gestuur het. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar Ek het 'n groter getuienis as die van Johannes, want die werke wat die Vader My gegee het om te volbring, die werke self wat Ek doen, getuig van My dat die Vader My gestuur het. |
| Afrikaans 1983 | “Maar Ek het getuienis wat nog gewigtiger is as dié van Johannes. Die werk wat die Vader My gegee het om te voltooi en waarmee Ek nou juis besig is, lê oor My getuienis af en bevestig dat die Vader My gestuur het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Maar Ek het 'n getuienis gewigtiger as dié van Johannes: Die werke wat die Vader My gegee het om te voltooi, ja, die werke wat Ek doen, getuig self van My dat die Vader My gestuur het. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “Daar is ander dinge wat sê wie Ek is, daardie dinge sê dit beter as wat Johannes dit gesê het. Dit is alles wat die Vader gesê het Ek moet doen. Die dinge wat Ek doen, wys dat die Vader My na die wêreld gestuur het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Ek het egter getuies wat baie belangriker is as Johannes. My eerste getuie is die wonderlike dinge wat Ek doen. My Vader het My spesiale dinge gegee om hier op aarde te kom doen. Dit is dus ’n goeie bewys daarvan dat die Vader My gestuur het. |