John 5:32 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Daar is 'n ander wat van my getuig; en ek weet dat die getuienis wat hy van my getuig, waar is.
Afrikaans (NLV) 2011 Daar is Iemand anders wat oor My getuig, en Ek weet dat die getuienis wat Hy oor My aflê, eg is.
Afrikaans 1933/1953 Daar is 'n ander Een wat van My getuig, en Ek weet dat die getuienis wat Hy van My getuig, waar is.
Afrikaans 1983 Daar is ook Iemand anders wat oor My getuig, en Ek weet dat die getuienis wat Hy oor My aflê, waar is.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Daar is 'n ander Een wat oor My getuig, en Ek weet dat die getuienis waar is wat Hy oor My aflê.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar daar is Iemand Anders wat sê wie Ek is. Dit is God. Ek weet dat die dinge wat Hy van My sê, waar is.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “In ’n hof sou mense miskien kon sê dat hulle My nie sal glo as net Ek alleen al hierdie dinge sê nie. Ek is egter nie die enigste getuie in hierdie saak nie. Daar is ook ander en hulle praat die heilige waarheid.