John 5:22 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want die Vader oordeel niemand nie, maar het die hele oordeel aan die Seun toevertrou.
Afrikaans (NLV) 2011 Die Vader veroordeel niemand self nie; Hy het die volle oordeel aan die Seun oorgelaat.
Afrikaans 1933/1953 Want die Vader oordeel ook niemand nie, maar het die hele oordeel aan die Seun gegee,
Afrikaans 1983 Self veroordeel die Vader niemand nie, maar die oordeel het Hy geheel en al aan die Seun oorgelaat.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die Vader oordeel ook niemand nie, maar het die volle oordeel aan die Seun oorgegee,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Vader oordeel niemand nie. Nee, Hy sê die Seun kan die mense oordeel.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Vader gaan self nie meer die Regter wees wat die oordeel oor mense gaan uitspreek nie. Hy het aan sy Seun die reg gegee om dit te doen.