John 5:14 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Daarna het Jesus hom in die tempel gekry en vir hom gesê: Kyk, jy het gesond geword; sondig nie meer nie, anders kom iets ergers oor jou. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hierna loop Jesus hom toe in die tempel raak en sê vir hom: “Kyk, jy is genees. Moenie verder sonde gaan doen nie sodat daar nie iets ergers met jou gebeur nie.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarna het Jesus hom in die tempel gekry en vir hom gesê: Kyk, jy het gesond geword; moenie meer sondig nie, sodat daar nie iets ergers met jou gebeur nie. |
| Afrikaans 1983 | Later kry Jesus hom in die tempel en sê vir hom: “Kyk, jy is nou gesond. Moet nou nie meer sonde doen nie, sodat daar nie iets ergers met jou gebeur nie.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hierna kry Jesus hom op die tempelterrein en sê vir hom: “Kyk, jy is nou gesond; moenie langer sondig nie, sodat daar nie iets ergers met jou gebeur nie.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Later het Jesus die man in die tempel gekry. Jesus het vir hom gesê: “Jy is nou gesond. Jy moenie weer sonde doen nie, want dan sal iets met jou gebeur wat slegter is as die siekte wat jy gehad het.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Later loop Jesus die man weer in die tempel raak. “Wel, jy is nou gesond. Bly nou van die sonde af weg sodat iets slegters jou nie dalk tref nie.” |