John 5:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy wat genees is, het nie geweet wie dit was nie, want Jesus het homself weggevoer terwyl 'n menigte op daardie plek was.
Afrikaans (NLV) 2011 Die man wat gesond geword het, het nie geweet wie dit is nie, want Jesus het weggegaan omdat daar ’n groot skare op die plek saamgedrom het.
Afrikaans 1933/1953 Maar hy wat gesond geword het, het nie geweet wie dit was nie; want Jesus het Hom verwyder, omdat daar 'n skare op die plek was.
Afrikaans 1983 Die man wat gesond geword het, het egter nie geweet wie dit was nie, want Jesus het ongemerk weggegaan omdat daar 'n klomp mense op die plek was.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die man wat gesond geword het, het egter nie geweet wie dit was nie, want Jesus het ongemerk weggeglip, aangesien daar op die plek 'n skare byeen was.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die man wat gesond geword het, het nie geweet wie dit was wat hom gesond gemaak het nie. Jesus was ook nie meer daar nie. Hy het weggegaan omdat daar so baie mense was.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die man was nie seker nie, want Jesus was nie meer daar nie. Hy is stilletjies daar weg omdat so baie mense daar saamgedrom het.