John 4:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe sê die vrou van Samaría vir hom: Hoe is dit dat jy, wat 'n Jood is, vir my, wat 'n vrou van Samaría is, om te drink vra? want die Jode het geen omgang met die Samaritane nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Die Samaritaanse vrou sê toe vir Hom: “Hoe op aarde vra jy wat ’n Jood is, van my wat ’n Samaritaanse vrou is, water om te drink?” Jode wou immers niks met Samaritane te doen hê nie.
Afrikaans 1933/1953 En die Samaritaanse vrou sê vir Hom: Hoe is dit dat U wat 'n Jood is, van my vra om te drink terwyl ek 'n Samaritaanse vrou is? Want die Jode hou geen gemeenskap met die Samaritane nie.
Afrikaans 1983 Die Samaritaanse vrou sê toe vir Hom: “Hoe vra jy, wat 'n Jood is, vir my, 'n Samaritaanse vrou, water om te drink?” Die Jode en die Samaritane gaan immers nie met mekaar om nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die Samaritaanse vrou sê toe vir Hom: “Hoe is dit moontlik dat u wat 'n Jood is, vir my, 'n Samaritaanse vrou, water vra om te drink?” Jode meng immers nie met Samaritane nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Samaritaanse vrou sê toe vir Jesus: “Jy is 'n Jood! Hoekom vra jy vir my, 'n Samaritaanse vrou, water om te drink?” Sy het dit gesê omdat die Jode nie saam met die Samaritane wou wees nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Verskoon my,” sê sy, “maar waarom vra jy my water om te drink? Is jy nie ’n Joodse man en ek ’n Samaritaanse vrou nie?” (Sy het dit gevra omdat die Jode normaalweg niks met die Samaritane te doen wou hê nie.)