John 4:53 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Die vader het toe geweet dat dit op dieselfde uur was waarop Jesus vir hom gesê het: Jou seun leef, en hy het geglo, en sy hele huis.
Afrikaans (NLV) 2011 Die pa het toe besef dat dit die presiese uur was waarop Jesus vir hom gesê het: “Jou seun lewe.” Hy en sy hele huishouding het toe begin glo.
Afrikaans 1933/1953 Die vader merk toe dat dit daardie uur was waarop Jesus vir hom gesê het: Jou seun lewe! En hy het self geglo en sy hele huis.
Afrikaans 1983 Die pa het toe besef dat dit op dieselfde oomblik was waarop Jesus vir hom gesê het: “Jou seun lewe.” En hy en sy hele huisgesin het tot geloof in Jesus gekom.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die vader het toe besef dat dit op daardie uur was waarop Jesus vir hom gesê het: “Jou seun leef.” En hy en sy hele huishouding het tot geloof gekom.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die pa het toe besef dit was dieselfde tyd toe Jesus vir hom gesê het: “Jou seun sal nie sterf nie.” Hy en almal in sy huis het toe in Jesus geglo.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe hy mooi terugdink, besef die pa dat dit juis die tyd was toe hy en Jesus gesels het. Jesus het toe mos al vir hom gesê dat sy seun lewe. Hy, saam met almal wat in sy huis bly, het toe in Jesus geglo.